Graad R Onderwyseres
دوام كامل
في Ligpos
في
South Africa
نُشرت يوم January 15, 2025
تفاصيل الوظيفة
Posisie: Graad R Onderwyseres Tipe pos: Privaat Tuisskool Ligging: Rayton omgewing, ongeveer 20 km oos van Pretoria Leerlinge: Maksimum van 10 kleuters
Kwalifikasies En Vaardighede
- Onderwyskwalifikasie in Vroeë Kinderontwikkeling of 'n verwante veld.
- Sportief, sterk balvaardigheid en motoriese ontwikkeling.
- Vermoë om onafhanklik 'n kreatiewe en aanpasbare leerplan te ontwikkel en te implementeer.
- Innoverende denker wat buite die boks kan dink.
- Selfstandige werksverrigting en besluitneming.
- Wedergebore Christen met 'n passie vir geloofsgebaseerde onderrig.
- Liefde en respek vir die geskiedenis en kultuur, en die vermoë om hierdie waardes te integreer in die kurrikulum.
- Eerste taal Afrikaanssprekend met goeie taalvaardighede en suiwer taalgebruik.
Primêre Verantwoordelikhede
- Ontwikkel 'n gestruktureerde, stimulerende leeromgewing wat individuele leerbehoeftes respekteer.
- Sluit liggaamsoefeninge, motoriese ontwikkeling en balvaardigheid-aktiwiteite in die daaglikse program in om fisiese ontwikkeling aan te moedig.
- Evalueer en monitor leerlinge se vordering en pas onderrigstrategieë aan soos nodig.
- Fasiliteer 'n veilige en geestelik ondersteunende leeromgewing.
- Bevorder 'n waardering en liefde vir ons omgewing, natuur, geskiedenis en kultuur deur toepaslike temas in die leerplan te integreer.
- Kennis van ontwikkelingspyle en behoorlike rapporte en vorderingsverslae wat die vordering ten opsigte van ontwikkelingspyle uiteensit.
- Musikaal en vermoë om kinders liefde vir musiek aan te wakker. Vermoë om musiekinstrument te bespeel is 'n bonus.
Persoonlike Eienskappe
- Kreatief, entoesiasties en passievol oor kinderverrykingsprogramme.
- Sterk interpersoonlike en kommunikasievaardighede.
- Geestelik gegrond en toegewy aan die bevordering van morele waardes.
- Energiek, geduldig en inspirerend in werksinteraksies met kinders.
- Selfgedissiplineerd en sportief met balvaardigheid.
- Konsekwente en stabiele optrede met balans tussen liefde en dissipline.
Bykomende Verantwoordelikhede
- Bied persoonlike aandag aan elke kind om te verseker dat hul unieke leerstyle en -tempo's gerespekteer word.
- Ontwikkel 'n roetine wat balans bring tussen akademiese aktiwiteite, speel en rus.
- Werk saam met ouers om hul kind se opvoedingsreis te ondersteun en om 'n oop kommunikasiekanaal te verseker.
- Bly op hoogte van die nuutste onderwyspraktyke en -metodes om voortdurend die kwaliteit van onderrig te verbeter.
Werksure En Vergoeding
- Buigsame ure om aan die behoeftes van die kinders en die skedule van die tuisskool te voldoen.
- Vergoeding sal gebaseer wees op ervaring en kwalifikasies, en sal met die kandidaat bespreek word.
Aansoek Proses
- Belangstellendes kan hier die aansoek voltooi, waarna aanlyn sowel as in-persoon onderhoude gevoer sal word.
Apply safely
To stay safe in your job search, information on common scams and to get free expert advice, we recommend that you visit SAFERjobs, a non-profit, joint industry and law enforcement organization working to combat job scams.